E Copy

Date:

Gemeenskap staan familie by ná brand

’n Lewe kan in ’n oogwink verander. Sonder dat jy dit dalk besef, kan alles binne oomblikke van jou weggeneem word.

Dit het die realiteit geword vir ’n gesin wat die afgelope naweek ’n brand in hul huis oorleef het. Hulle is egter met groot dankbaarheid gelaat danksy die gemeenskap wat op daardie noodlottige aand tot hul redding gekom het.

Dit is een van die kamers wat uitgebrand. FOTO: GYPSEENIA LION

Volgens een van die familielede, JJ Nel, word die omstandighede rondom die oorsaak van die brand wat in hul huis in Generaal De Wet uitgebreek het, nog ondersoek. Hulle wag ook nog op die versekeringsmaatskappy om die skade te bepaal.Die brand het op 16 Junie plaasgevind.

“Die ervaring was baie sleg vir ons almal, maar veral vir die kinders. Die gemeenskap het baie gehelp met klere, kos, komberse en geld. Die reaksie van die gemeenskap was uitstekend en ons bedank almal vir hul skenkings.”

Nel het hul oorweldigende dankbaarheid uitgespreek. Hy het genoem dat een van hul tienerjarige kinders steeds gehospitaliseer is, terwyl nog ’n 24-jarige wat brandwonde opgedoen het, ook in die hospitaal is.

Hul hond Tinkie, Anna-marie en Adrie Diggeden. FOTO: GYPSEENIA LION

“Ons hele gesin wil dankie sê vir almal wat daardie aand gehelp het om die kinders uit die huis te kry. Dit was vir ons die belangrikste – die kinders se veiligheid,” het Nel gesê.

As ware Bloemfonteiners het Grace in Action (Genade in Aksie), ’n plaaslike niewinsgewende organisasie, ’n oproep op die breër gemeenskap gedoen om die gesin te help om die stukkies van hul lewens weer op te tel. Dit kan gedoen word deur ’n paar items te skenk wat hulle dalk nodig het.

Die stigter, Maureen Oosthuizen, het gesê sy is dankbaar vir die mense wat reeds uit hul pad gegaan het om die gesin by te staan.

“Daar is ’n staatmaker wat by die hospitaal gestop het en almal veilig laat voel het. Sy het ook R3 000 huur betaal vir ’n plek waar hulle kan bly totdat die versekering uitbetaal. Soos almal weet, kan dit tyd neem, so ons vra vir enige meubels, beddens, matrasse, stoele, tafels – wat jy ook al kan skenk. Skakel my asseblief by 082-894-3013,” sê sy.

‘n ingang deur die huis. FOTO: GYPSEENIA LION

Daar moet bygevoeg word dat goedere wat ook nodig is, items soos komberse, kos, breekware, borde, koppies, messe en vurke insluit.

“Die gesin het ’n dogtertjie (9) wat in die Laerskool Fichardtpark is. Daar is ook een outistiese kind. Indien julle wil en kan help, doen dit asseblief. Hulle het ons hulp nodig. Weens gesondheidsprobleme het die ouers in hierdie stadium geen inkomste nie,” het Oosthuizen afgesluit.

 

Gypseenia Lion

gypseenia@mahareng.co.za

Share post:

Popular

More like this
Related

Bochabela road upgrades aim to improve access and boost local jobs

In a service delivery update, the Manguang Metropolitan Municipality...

FCS Mangaung kicks off Child Protection Week marathon

As part of the preparations for Child Protection Week,...

Hawks operation recovers R9 million worth of stolen Eskom property near Bloemfontein

A Hawks-led joint operation conducted by the Tactical Response...

Destea to host game auction

The Free State Department of Economic Development and Tourism...