Gemeenskap moet betrokke raak

0
2019

Hiermee wil ek my opregte waardering uitspreek vir die artikel wat julle geplaas het. Dit is van kardinale belang om so veel as moontlik van die gemeenskap betrokke te kry by sektor polisiëring en ook die bywoning van vergaderings een keer per maand, vir die gemeenskap se eie veiligheid. Daar is ’n duidelike verskil in die misdaadsyfers waar daar hoë sigbare polisiëring plaasvind, en die lede is net te min om die groot gebied te beman.
Ons polisiewyk is dan ook in drie sektore ingedeel.

Sektor 1 – Langenhovenpark en Woodlands U Estate
Sektor 2 – Klein hoewes: Bainsvlei, Spitskop, Waterbron, Kwaggafontein, Mooiwater en Groenvlei
Sektor 3 – Plase.

Nogmaals baie dankie vir u bydrae
om die gemeenskap bewus te maak van die gemeenskapspatrollies en die noodsaaklikheid om betrokke te raak.
KAPTEIN ANDREW JONES