Geliefde restauranteienaar sterf

0
2003
Annemarie Pitout FOTO: FACEBOOK

Bloemfontein Courant het met leedwese kennis geneem dat Annemarie Pitout, eienaar van Annie’s Country Kitchen Restaurant in Bloemfontein, op 13 November in Mediclinic Bloemfontein oorlede is.

Dit kom nadat sy op Sondag 8 April in haar restaurant 60% brandwonde opgedoen het toe sy met vuuraansteekjel gebrand het.

Pitout was besig om die vlamhouers waarmee die opskepbakke verhit word met vuuraansteekjel te hervul toe een van die houertjies vermoedelik vlam gevat en ontplof het. Stukke van die jel het oor Pitout se lyf gespat en haar klere het aan die brand geslaan.

Toe Pitout sowat drie weke gelede vir veloorplantings gegaan het, is ‘n aggressiewe kanker by haar gediagnoseer.

Sy was sedert April in die hospitaal.

Familie kon nog nie bereik word vir kommentaar nie.

Barbara Steenkamp, woordvoerder van Mediclinic Bloemfontein, het Pitout se dood bevestig.

JERETHA OOSTHUIZEN