Geen water weens herstelwerk aan Eskom-kraglyn

0
1070
Die massiewe gat waar die waterpyp in Benaderylaan gebars het. FOTO: PIERCE VAN HEERDEN

‘n Deel van die Rosestad is sonder water nadat geen water die afgelope 36 uur na die stad gepomp kon word nie weens herstelwerk aan ‘n hoofkraglyn van Eskom.

Volgens Rossouw Botes, DA-raadslid, is groot dele van die stad, veral die suide van Bloemfontein, sedert vanoggend sonder water.

Baie inwoners was bekommered dat hulle sonder water sit weens ‘n pyp wat in die vroeë oggendure in Benaderylaan gebars het, maar volgens Botes is die gebarste pyp nie die sondaar nie.

Botes het verduidelik dat dit eintlik net Van Blommesteinstraat is wat deur die gebarste pyp geraak word.

Met Bloemfontein Courant se aankoms op die toneel waar herstelwerk aan die gebarste pyp gedoen word, het een van die werkers verduidelik dat hulle die pyp net tydelik gaan regmaak en Maandag die werk gaan voortsit.

Volgens die werker word die pype wat gebruik word, nie in Bloemfontein vervaardig nie, en moet dit dus van elders bestel word.

Jeretha Oosthuizen

jeretha@mahareng.co.za