Geen probleme aangemeld in VS-eindeksamen

0
510

CHRISTAL-LIZE MULLER

Die Vrystaatse onderwysdepartement sê geen probleme of ongerymdhede is by skole oor die provinsie heen aangemeld met die nasionale senior sertifikaateksamen wat vandag vir al die matrikulante oor die land heen begin het nie.

Die departement se woordvoerder, Howard Ndaba, sê sover bekend het alles goed afgeloop vanoggend toe leerlinge Engels-vraestelle geskryf het.

Hy sê daar was geen probleme met die beskikbaarheid van vraestelle nie en leerlinge was betyds. Intussen sê ‘n leerlingraadslid van die Hoërskool Jim Fouché, Janke Kotzée, vraestel een van Engels was heel aanvaarbaar.

Fouché sê haar senuwees knaag egter oor die vak rekeningkunde wat matrikulante môre skryf. Meer as 26 800 gr.12-leerlinge oor die provinsie heen lê vanjaar die eindeksamen af. Dit duur tot 28 November.