Sabrina Dean
Mediclinic Bloemfontein en Life Rosepark-hospitaal sê albei daar is geen pasiënte opgeneem met die H1N1- of H6N1-virus, wat onderskeidelik beter bekendstaan as varkgriep en voëlgriep nie. Dit volg na bewerings deur ‘n anonieme bron wat gesê het daar is vier sulke gevalle opgeneem by private Bloemfonteinse hospitale. Mediclinic woordvoerder, Amanda Appelgryn, sê sy het met infeksiebeheerstatistiek en patoloë bevestig dat geen sulke gevalle daar opgeneem is nie.
Sy sê daar is wel mense wat aan die virus blootgestel is in die verlede en al immuniteit opgebou en teenliggame ontwikkel het.
Appelgryn het die publiek aangeraai om griepinentings te kry wat immuniseer teen verskeie tipes griep, insluitend die H1N1-virus.