E Copy

Date:

Geen arrestasies in geldkaping saak

LANI FOUCHE

Niemand is nog gearresteer nie in verband met ‘n geldkaping in Bloemfontein die afgelope naweek.

‘n Sekerheidswag van die Protea Coin-groep is in ‘n ernstige toestand nadat hy vanoggend tydens ‘n gewapende rooftog in Bloemfontein raakgeskiet is.

Polisiewoordvoerder Chaka Marope sê twee wagte het omstreeks sewe-uur kontant gaan haal by die Engen-vulstasie in Kerkstraat met die doel om dit te gaan bank, toe hulle deur vier swaar gewapende mans oorval is. Een wag is in die been en heup raakgeskiet, en die ander een is binne die geldwa van buite met ‘n vuurwapen gedreig is om die deur oop te sluit.

Marope sê die verdagte wou plofstof binne die voertuig slinger sodat hulle toegang tot die kontant kon kry wat binne toegesluit was. Hulle het egter nie daarin geslaag nie, en net met twee houers kontant in ‘n wit Isuzu-bakkie gevlug. Die bakkie is kort daarna verlate langs die treinspoor in Elmstraat gevind.

Netcare911 paramedici het die gewonde sekerheidswag op die toneel gestabiliseer. Woordvoerder Chris Botha sê hy was in ‘n ernstige toestand toe hulle by hom kom. Hy is na die Life Rosepark-hospitaal vir behandeling geneem.

Share post:

Popular

More like this
Related

Filmmakers and activists invited to apply for NFVF GBV screening grants

The National Film and Video Foundation (NFVF) has made...

Water wasted for days in Martindale

A resident reported a water leak persisting for over...

MMM Faces Public Outcry Over Cosafa Tournament

The recent announcement by the Mangaung Metro Municipality (MMM)...

Eunice and Oranje share the spoils

Eunice Girls’ High School will head to Pietermaritzburg this...