Gee pasiënte sig terug voor Kersfees

0
501
Ebeth Wilson van die ATKV-tak Gemeenskapsteater sê daar is ‘n toenemende aantal mense wat met katarakte sukkel en nie kan bekostig om die verwyderingsprosedure te laat doen nie.

Een van die grootste redes vir blindheid onder Suid-Afrikaners is katarakte. Hoewel die toestand in baie gevalle maklik behandelbaar is, kan baie mense eenvoudig net nie bekostig om hul sig te behou nie.

Die gemeenskapsuitreikorganisasie, ATKV-tak Gemeenskapsteater, tesame met Pasteur-ooghospitaal, het begin met die Kersfeesfondinsamelingsprojek en hoop om plaaslike pasiënte met katarakte te help.

Volgens die ATKV-tak Gemeenskapsteater se Ebeth Wilson is daar ‘n vinnig groeiende aantal mense wat sukkel met katarakte en wat nie die verwyderingsprosedure kan bekostig nie. “Katarakte groei mettertyd digter en indien daar nie aandag aan geskenk word nie, kan dit algehele blindheid tot gevolg hê. Dit kan egter omgekeer word met ‘n redelik algemene prosedure,” sê Wilson.

“Ongelukkig ly baie mense wat nie oor ‘n mediese fonds beskik of die nodige fondse het om sodanige operasies te laat doen nie, aan hierdie toestand. Die katarakte beïnvloed nie net ‘n persoon se sig nie, maar ontneem hom of haar ook van hul onafhanklikheid, en in baie gevalle ook hul waardigheid.” Wilson verduidelik dat die een-dag-projek ten doel om deur befondsing die sig van ongeveer 25 katarakpasiënte deur ‘n operasie te herstel.

Daar bestaan ook die hoop om die projek ‘n jaarlikse instelling te maak om sodoende meer mense in nood te help. “’n Sig vir Kersdag’ (Sight for Christmas Day) word beplan vir die middel van Desember, wanneer katarakoperasies vir soveel moontlik pasiënte moontlik gemaak sal word deur borgskappe, ‘n projek wat ‘n jaarlikse gebeurtenis kan word,” verduidelik Wilson.

Daar word ‘n beroep op mense gedoen om aan te sluit by die Blinddoek-uitdaging op Facebook om meer bewustheid te skep vir die projek. Maak eenvoudig ‘n video wanneer jy geblinddoek ‘n daaglikse taak verrig en plaas dit op die Bloemfonteingemeenskapsteater se Facebookblad page, met #sightforchristmas ingesluit.

“As jy die uitdaging aanvaar en dit onmoontlik, moeilik of selfs tydrowend vind as wanneer jy normaalweg die taak verrig, oorweeg dit asseblief om by te dra tot hierdie projek van omgee. Vir jou was dit dalk een taak en kon dit selfs pret gewees het, maar vir baie Suid-Afrikaners is dit hul manier van lewe elke dag,” sê Wilson.

Om by te dra en soveel moontlik mense te help om hul sig terug te kry voor Kersfees, kontak Wilson by bloemfonteingemeenskapsteater @gmail.com of stuur ‘n WhatsApp na 083 560 9178.

Nomaqhawe Mtebele

nomaqhawe@mahareng.co.za