E Copy

Date:

Gee my die trekker – 10 November 2016

George Sweeting, voormalige president van die Moody Bybelkollege, vertel die verhaal van ‘n enkellopende boer wat graag ‘n vrou wou hê – amper soos die program, Boer soek ‘n vrou. Hy plaas toe die volgende advertensie in die koerant: Man van 35 soek vrou van ongeveer 25, met ‘n trekker. Stuur asb. ‘n foto van die trekker. Ons het almal ons eie agenda en wil dinge graag so doen soos wat ons dit gedoen wil hê. Ons is met ander woorde partykeer sommer selfsugtig. Dit is die rede waarom Paulus aan die Filippense skryf om nie net aan hul eie belange te dink nie (Filippense 2:4). Hulle moet ook omsien na die belange van ander. Hy pleit vir ‘n goeie balans tussen “eie belange en die belange van ander”. In die Ou Testament staan dit bekend as “jy moet naaste liefhê soos jouself.” Jesus het ook iets hiervan raakgesien by die mense van Sy tyd en demonstreer dit in Johannes 13 wanneer Hy die voete van Sy dissipels was. Die vraag is: Hoe kan ek en jy vandag vir ander wys dat ons omgee, of voeg ons by: “Wys my die trekker?” voordat ons vir mekaar omgee!
Ds. Stephan van Heerden

Share post:

Popular

More like this
Related

Graduation season at CUT begins

The Central University of Technology in the Free State...

Shanela operations : SAPS arrest almost 13 000 nationwide

Through the high-density operations, known as Operation Shanela, the...

Higher Education Committee in FS for oversight visit

The Portfolio Committee on Higher Education started with their...

Police to investigate fatal shack fire in Bloemspruit

Residents of Phase 7 in Bloemspruit awoke to tragedy...