E Copy

Date:

Ons maak almal foute – 9 Maart 2017

Hoe klink dié woorde vandag vir jou? Hoe voel jy as jy dit hoor? Skielik gryp die gedagte van “foute maak” my en ek besef ons is maar almal plat op die grond voor die kruis van Jesus. Ons almal het vergifnis nodig. Vir ons almal is Jesus aan die kruis vasgespyker en is Sy hande vol spykermerke. Op Sy voorkop is die bloed van ‘n doringkroon. Hieroor skryf Paulus in Romeine 3:23: “Almal het gesondig… ” Niemand is perfek nie. Ons maak verkeerde keuses in die lewe, ons woorde maak ander seer en ons leef soms onverskillig teenoor mekaar en die natuur. Ons is maar net stukkende mense! Almal maak foute. Tog is daar genade en die Bybel deel dit met jou en my vandag: “Uit genade is julle gered!” Niks uit ons eie toedoen en eie goeie werke nie. Ons is uit genade gered, ten spyte van ons foute en tekortkominge. Kom ons leef vandag uit genade, maar kom ons leef ook dié genade uit teenoor mekaar!
Ds. Stephan van Heerden

Share post:

Popular

More like this
Related

Mangaung to experience low pressure, supply cuts during reservoir maintenance

Residents in the Mangaung Metro are to take note...

Alice in Wonderland visits Bfn

The adaptation of the world-renowned production “Alice in Wonderland”...

Essential road safety tips for a safe Easter road trip in South Africa

As South Africans head out on their Easter road...

Man (64) arrested in Tumahole for possession of mandrax, crystal meth

A 64-year-old suspect was arrested in Tumahole following an...