Gebruik water spaarsamig in winter

0
336

Die Departement van Water en Sanitasie (DWS) sê omdat die winter ‘n tyd is wanneer waterpype geneig is om te bars, doen hy ‘n beroep op gemeenskappe om enige lekkasies en gebarste pype in en om hul huise te herstel.

DWS doen ook ‘n beroep op gemeenskappe om altyd na waterhulpbronne om te sien en enige vandalisme aan te meld. Mense word ook gevra om water spaarsamig te gebruik, soos om ‘n koppie te gebruik wanneer jy tande borsel en ‘n emmer in plaas van ‘n tuinslang te gebruik.

Die departement sê in ‘n verklaaring hy meet damvlakke regoor die land op ‘n weeklikse grondslag om ingeligte besluite te neem oor die verspreiding van water na die relevante damme vir gemeenskappe.

Met die winter wat nou regoor die land kop uitseek, was damvlakke in die Vrystaat egter die afgelope ruk redelik onveranderd. Luidens hierdie week se damverslae is die Kalkfonteindam tans op 30.6%, Sterkfontein op 93,3%, Gariep op 99,3% en Krugersdrift op 99,7%. Die Groothoekdam is op 40% en Rustfontein op 37%.

info@bloemfonteincourant.co.za