E Copy

Date:

Gebruik ’n professionele webtuiste-ontwikkelaar

Servaas de Kock

Daar is elke dag al meer sagteware beskikbaar om jou eie webtuiste te bou. Hierdie produkte word baie sterk bemark soveel so dat die gewone man op straat baie maklik en goedkoop ’n webtuiste sal kan bou en onderhou. Soos met enige goedkoop koop, is daar fynskrif wat nie met die gebruikers gedeel word nie. Byvoorbeeld: dit is presies dieselfde om jou eie belasting te doen en om ’n professionele persoon soos ’n ouditeur daarvoor te gebruik. Jy kan jou eie belasting doen, maar daar is baie aspekte wat ’n mens in gedagte moet hou en/of vermy om dit korrek te doen. Dieselfde geld om jou eie webtuiste te ontwikkel. Jy moet van die volgende aspekte kennis neem voor jy dit oorweeg.

Sekuriteit. Indien jy jou eie webtuiste ontwikkel, moet jy seker maak jy het die nodige kennis om te bepaal dat jy voldoende sekuriteit op jou webtuiste het. Indien daar ’n gaping bestaan in die sekuriteitskomponente, kan jy die gevaar loop om inhoud te verloor of dat jou webtuiste ge-“hack” kan word. “Hacking” is algemeen en die sosiale netwerk reus, Twitter, het dit verlede week eerstehands ervaar waar 250 000 kliënterekeninge by ingebreek is. Opdatering. Net soos met rekenaars, moet webtuistes gereeld opgedateer word om beter komponente te kry of probleme reg te stel. Indien die opdatering nie gebeur nie, kan dit lei tot probleme. Jy moet oor die kennis beskik om te weet waar en hoe gereeld hierdie opdatering moet plaasvind om jou webtuiste veilig te maak.
Ondersteuning.

Maak seker dat wanneer jy sulke sagteware gebruik, daar ’n ondersteuningsdiens gekoppel is aan die sagteware. Indien dit nie oor so ’n diens beskik nie, dink twee keer voor jy so iets gebruik. Indien jy by ’n probleem uitkom, moet jy die ondersteuning hê dat iemand jou kan help om dit op te los. Probleme of “errors” soos dit in die internetwêreld genoem word, is baie algemeen.
Voor jy jou eie webtuiste aanpak, maak seker jy weet wat jy doen of vertrou eerder ’n ontwikkelingsmaatskappy met ’n goeie reputasie.

Share post:

Popular

More like this
Related

Bochabela road upgrades aim to improve access and boost local jobs

In a service delivery update, the Manguang Metropolitan Municipality...

FCS Mangaung kicks off Child Protection Week marathon

As part of the preparations for Child Protection Week,...

Hawks operation recovers R9 million worth of stolen Eskom property near Bloemfontein

A Hawks-led joint operation conducted by the Tactical Response...

Destea to host game auction

The Free State Department of Economic Development and Tourism...