Verlede week het ek genoem dat ons oor die volgende paar weke oor die verskillende bateklasse (aandele, eiendom, effekte en kontant) gaan gesels, asook wat die doel van elke bateklas in jou portefeulje is.
Die eeue-oue gesegde, “moenie al jou eiers in een mandjie sit nie”, het betrekking op verskillende bateklasse. ‘n Mens kan diĆ© gesegde vervang met “moenie al jou geld op een bateklas sit nie”. Gebruik ‘n goed gediversifiseerde beleggingsportefeulje om jou doelwitte te bereik. Elk van die verskillende bateklasse word op ‘n finansiĆ«le mark verhandel en die verskillende markte werk in beginsel net soos jou tradisionele groentemark. Die “mark” is eintlik net ‘n gereguleerde omgewing waar kopers en verkopers bymekaarkom. ‘n Belangrike faktor in enige mark is die vraag na ‘n produk, kommoditeit, instrument of aandeel, asook wat beskikbaar is vir aanbieding (vraag en aanbod). So help die mark dat wat ook al op die mark verhandel word, reg geprys is en dat kopers sowel as verkopers regverdig behandel word en beskerm is teen onetiese praktyke. Vertroue in enige mark, asook die prosesse en regulering van die mark, is uiters belangrik. Suid-Afrika het van die mees gesofistikeerde finansiĆ«le markte in die wĆŖreld en die markte word uiters streng gereguleer om te verseker dat daar geen ongerymdhede en/of breuk in vertrouensverhoudinge is nie.
Natuurlik kan jy elk van die bateklasse direk op die verskillende markte gaan aankoop (as jy genoeg kapitaal het). So kan jy vir jou ‘n aantal “Blue Chip”-aandele direk op die beurs gaan koop, asook ‘n woonstelblok, of kantoorblok vir jou eiendomsblootstelling. Dan kan jy na die kapitaalmark en geldmark gaan om blootstelling te kry aan langtermyn- en korttermyn-skuldinstrumente (effekte en kontant). En dan natuurlik, moet jy nie vergeet van geografiese diversifikasie nie. Jy moet dus van bogenoemde bates op verskillende buitelandse markte gaan koop. Soos genoem, gaan dit jou ‘n “pretty penny” kos om bogenoemde roete te volg. Vir die man op straat, soos ek en jy, is al bogenoemde markte toeganklik deur van effektetrustfondse gebruik te maak. Voordat ek dus spesifiek oor die verskillende bateklas gaan gesels, gaan ek volgende week eers net die werking van effektetrustfondse verduidelik. –Ā Horace Terry
horace@nassaux.com
Date: