E Copy

Date:

Geborge op wolke van kuns

Vier kunstenaars, drie familielede en ‘n vriendin, het koppe bymekaar gesit om die uitstalling, Nest in the Cloud, saam aan te pak.
Mariaan Kotze is gefokus op narratiewe simboliese kuns wat ‘n dieper storie vertel, Hanlie Kotze se drome, wat in haar onderbewuste lĂȘ en wag om op ‘n simboliese, kreatiewe manier uiting te kry, word in haar poĂ«sie en kuns weergegee. Maritsa Joy Barlow se fotografie is atmosferies, en Hester Hattingh se kleure verbeeld die emosie van die natuur. Haar werk word beskou as atmosferies impresionisties.
Hoewel die vier kunstenaars se kuns baie verskillend is en hulle eklekties te werk gaan, het hulle ‘n gemene deler. Vir al vier hierdie kunstenaars beteken die naam van die uitstalling dieselfde.
“Nests” wek die gevoel van geborgenheid en koestering, “Clouds” simboliseer helderheid van denke, die wonder van die natuur en die Skepper se Almag. Daar is ‘n konneksie tussen jou en die Skepper as jy Sy skoonheid in die wolke aanskou.
Kom kyk gerus na die vier kunstenaars se werk by Gallery on Leviseur in Dan Pienaarrylaan. Dit open op 28 Julie om 18:30 en duur tot 16 Augustus 2017.
Vir meer inligting, kontak Geralda by 082-880-6774 of stuur ‘n e-pos na admin@galleryonleviseur. – Jeretha Oosthuizen 
jeretha@mahareng.co.za

Share post:

Popular

More like this
Related

Celebrate Human Rights Day at Oliewenhuis Art Museum in Bloemfontein

Oliewenhuis Art Museum invites the public to celebrate Human...

Boikhuco Old Age Home to host fundraising gala dinner in Mangaung

The Mangaung Society for the Care of the Aged...

Planned power interruptions in the city from 25-27 March

Residents from various areas in the Mangaung Metropolitan Municipality...

Making the most of your bonus this bonus season

While December is known for South Africa’s traditional 13th...