Gallery: Skole blink uit by VS kampioenskappe

0
1297

Die sonnige weer in Bloemfontein maak dit ‘n uitstekende dag vir goeie prestasies by vanjaar se Vrystaatse Laerskole-atletiekkampioenskappe wat vandag by die Vrystaatstadion gehou word.

Talls skole van regoor die Vrystaat is vandag in Bloemfontein om met hul atletiektalente te spog. Een van die beamptes van Noord Primêre Skool in Sasolburg, Stefan Cilliers, het aan Bloemfontein Courant gesê dat daar verskeie items is wat vandag gedoen word soos hoogspring, verspring, diskus, spiesgooi, hekkies en vele meer in die ouderdomsgroepe van o.10 tot o.13.

‘n Leerling van Trekkies in Bethlehem, Ané van Niekerk, het gesê dat sy die dag baie geniet het en dat  die hoofspring waaraan sy deelgeneem het, “n hoogtepunt vir haar was.

Heidre Malgas

heidre@mahareng.co.za