GALLERY: Eunice-mark lok weereens oud en jonk

0
543
Emma Smith, Hannah Sterling, Marlene Bellinghan, Louis Smith Gelukkige ma’s en hul kinders wat die Eunice Mark geniet. en Christian Sterling

Die Eunice-mark het een van die geleenthede in Bloemfontein geword wat jaarliks op almal se kalender gemerk word. Besoekers stroom na die mark om te kies en te keur uit die lekkernye, babaklere, braaitoerusting en juwele, om maar ‘n paar van die vele verrassings te noem. Die gewilde teetuin is ook terug, met lewendige musiek wat sorg vir vermaak. Daar is iets vir elkeen se smaak, so maak gerus ‘n draai by vanjaar se mark wat op Saterdag 3 November eindig. Fotos: Pierce van Heerden