FWA Bingo beloof ‘n onvergeetlike aand

0
FWA Bingo beloof ‘n onvergeetlike aand
Green Sekuriteit handig die pryse wat hulle vir die Bingo-aand geborg het oor aan die FWA. Van links, Kobus Olivier (FWA voorsitter), Jacques Meiring (FWA algemene bestuurder) en Mauritz Immelman (Direkteur Green Sekuriteit) Foto: Vers

Die Fichardtparkwoonbuurtassosiasie (FWA) bied hul heel eerste Bingo-aand op 1 Julie aan. Jacques Meiring, die hoofbestuurder van die FWA, sê die doel van die Bingo-aand is om fondse in te samel vir hulle wintersprogram.

“Dit sluit in die opgradering van ons kameranetwerk en die instandhouding van infrakstruktuur,” sê Meiring. Hy sê dat daar ‘n groot verskeidenheid pryse te wen is. Green Sekuriteit het twee groot pryse vir die aand geborg.

“Hulle het ons een Paradox 16 sone alarmstelsel ter waarde van R10 000 en een Hilook 8 channel CCTV kamerastelsel ter waarde van R15 000 geborg.” Die Bingo-aand is vir almal bo 18 jaar en daar sal slegs 111 kaartjies beskikbaar wees teen R150 per persoon.

“Tafels van agt persone per tafel is ook beskikbaar en dit sluit ‘n gratis speletjie, ‘n verwelkomingsdrankie, ‘n warm ete, sowel as nagereg in. Daar is ook ‘n kontantkroeg beskikbaar,” sê Meiring. Zak Steyn sal gaste op die aand vermaak.

Die Bingo-aand begin om 17:30 en vind plaas by Altonasingel 9, Fichardtpark. Vir meer inligting en navrae, kontak Nadia Meiring by 071 271 2926.

Heidrè Malgas

heidre@ofm.co.za

No posts to display