Frats-storm saai verwoesting in Bfn

0
3576

‘n Frats-storm wat dele van Bloemfontein gistermiddag getref het, het groot verwoesting gesaai. Bome is ontwortel, elektrisiteitstoevoer is onderbreek, en minstens een huis se dak is afgewaai.

Volgens Fanie van der Walt, buurtwagvoorsitter van Estoire, Olive Hill en Ribblersdale het die frats-storm die gebied tussen 15:30 en 16:40 getref. Sowat 100 mm reën, hael en wind het tydens die storm voorgekom.

Van der Walt sê van dié gebiede is steeds sonder elektrisiteit weens kraglyne wat deur die wind plat gewaai is. ‘n Gesin van die omgewing het groot skade gely toe die dak van hul huis tydens die storm afwaai is, wat die huis onder water gelaat het.

“Die gemeenskap het gehelp om die gesin en hul besittings na ‘n veilige plek te verskuif,” sê Van Der Walt.

Volgens hom is daar fondse van die buurtwag en vrywilligers om te help in sulke situasies. Van der Walt het sy dank uitgespreek teenoor al die lede van die gemeenskap wat gister tydens die storm gehelp het.

 

Pierce van Heerden

pierce@mahareng.co.za