E Copy

Date:

FOTO’S: Stellenryk-aftreeoord deur weerlig getref

Owen Kock

Swaar weer in Bloemfontein het derduisende rande se skade aan die Stellenryk-aftreeoord aangerig. ‘n Palmboom het ook in die slag gebly.

Die eenheid wat die ergste getref is staan gelukkig leeg, maar bejaardes wat van die ander eenhede bewoon, moes toekyk hoe hul ruite deur die weerlig uitgeruk word.

Die meeste van die huise wat deur die weerlig getref is, se ruite is na buite geslinger en die huis wat die ergste daarvan afgekom het, is met glas besaai. Die palmboom in die erf het aan die brand geslaan en teen 09:00 nog gesmeul nadat inwoners dit met tuinslange probeer blus het.

Televisiestelle van verskeie inwoners het ook in die slag gebly, alarmstelsels het die gees gegee, maar, sê inwoners, hulle is net bly om ongedeerd daarvan af te kom.

‘n Geskokte inwoner van Stellenryk, Fanie le Roux, het gesit en koerant lees toe die weerlig net na 08:00 geslaan het. Hy het omtrent uit sy stoel gespring, want hy het gedink sy huis se dak is daarmee heen.

“Toe ek buite kom sien ek by huis nommer vyf, sommer hier by die ingang, is ‘n palmboom aan die brand. Ek het toe ‘n tuinslang gegryp en na die huis gehardloop.Toe ek daar kom was een van die ander bure reeds besig om die vuur te probeer blus.

“Hier is geweldige skade aangerig aan my huis. Al die ruite is uitgeslaan en die muur voor die tuin is platgeslaan. Verskeie ander huise hier in die oord het ruite verloor, hoeveel presies sal ons seker eers later weet,” het Le Roux gesê.

Selfs die muur proppe is uit die mure geruk.

Die muur voor by die tuin het ook in die slag gebly.

Die verwoesting wat die weerlig agter gelaat het.

Met Courant se aankoms het die boom nog gesmeul. FOTO’S: Owen Kock

Share post:

Popular

More like this
Related

Fire risk soars as Mangaung Fire Services crumble

The Democratic Alliance (DA) in the Free State has...

Bloem remains hopeful for Kamogelo’s return

On a cold winter’s morning, Monday, 9 June, the...

Arrival of soldiers from DRC delayed due to logistical issues

The South African National Defence Force (SANDF) has confirmed...

Low turnout dampens COSAFA tournament in Mangaung

The Council of Southern Africa Football Associations (COSAFA) has...