Foto’s: Ontwikkeling by Tweede Laan begin eersdaags

0
863

Owen Kock

Bloemfontein. – Nog niks is amptelik laat weet nie, maar die langverwagte Tweede Laan-ontwikkeling neem eersdaags ‘n aanvang.

Courant het vertroulik verneem dat Mangaung-metro-burgemeester Thabo Manyoni op 7 Augustus die eerste sooi sal spit.

Hier is ‘n paar foto’s van wat tans op die perseel aan die gang is op die hoek van Nelson Mandelarylaan en Tweede Laan, wat grens aan Zastronstraat.

Die ontwikkelaars is tjoepstil, maar intussen word daar al gewerk op die perseel.

Ross Demolition se trokke het reeds verlede week in die Rosestad aangekom.

Hier kan duidelik gesien word dat met uitgrawing begin is.

Van die groot masjinerie wat reeds in die stad aangekom het. FOTO’S: Owen Kock