OMS hou 13de ITEC Pietie Coetzee-hokkietoernooi
Op 14 en 15 Julie het Oranje Primêr hul 13de ITEC Pietie Coetzee-hokkietoernooi aangebied. Skole van regoor die land het gesorg vir opwindende wedstryde. Die skole wat deelgeneem het, is Eunice, Volkskool van Graaff-Reinet, Durban Girls’ College, Paarl Gimnasium, St Michael’s School for Girls, St Mary’s Diocesan School for Girls, Kloof, en Jordania Primêr van Bethlehem. Oranje se eerste hokkiespan het die toernooi gewen en Ané Janse van Vuuren van OMS is as die speler van die toernooi aangewys. Dit is ook tydens hierdie toernooi dat die skool sy eerste direkte uitsending van ‘n sportwedstryd van stapel gestuur het. Met die nuwe tegnologie van School Streaming kan belangstellendes nou via die internet ‘n wedstryd op jou eie tyd kyk. Die toernooi is geopen deur van die plaaslike skole se gr.R-spanne.
FOTO: MARICELLE BOTHA