Foto’s: Kovsie-personeellede bring hulde aan Mandela buite hospitaal

0
Foto’s: Kovsie-personeellede bring hulde aan Mandela buite hospitaal

Lani Fouché

Personeel van die Universiteit van die Vrystaat besoek vandag die Pretoria-hospitaal waar oudpresident Nelson Mandela behandel word.

Sewentien werknemers het vroeg vanoggend in bussies van onderskeidelik die Qwaqwa- en Bloemfontein-kampus vertrek om briewe en blomme buite die Mediclinic Hart-hospitaal te gaan neerlê. 

Studentedekaan, Rudi Buys, het die afvaardiging gelei.  "My ouma het altyd gesê mense moet vir mekaar blomme gee terwy hulle nog lewe. Ons is op pad hospitaal toe om blomme en kaartjies daar neer te sit waarin ons vir Madiba sterkte toewens en vir hom dankie sê vir die ongelooflike rol wat hy in ons land gespeel het. Ons wil aan hom eer bewys deur vir hom en sy familie buite die hospitaal te bid."

Daarna gaan die groep Vilakazistraat in Soweto besoek waar Mandela vir jare lank gewoon het.

Buys het Kovsie-lede wat in die Pretoria-omgewing woon, genooi om hulle buite die hospitaal te vergesel.

Die 94-jarige voormalige president is al vir langer as ‘n maand in die hospitaal weens ‘n longkwaal. Die presidensie sê Mandela is steeds in ‘n kritieke maar stabiele toestand.  

Foto’s verskaf

No posts to display