Food Lovers Showgate onder nuwe bestuur

0
202

Food Lovers Market in Curielaan, Bloemfontein, se nuwe bestuud het groot planne vir dié winkel. Een van die bestuurders, Wihan Visser, sê dat die
belangrikste vir hulle in hierdie stadium is om te verseker dat alles wat verkoop word van die beste gehalte is, asook om die winkel te wees wat die varsste groente- en vrugte bied.

Visser sê die ideal is dat dit ‘n gerieflike winkel vir almal in die stad moet wees, waar nie net vars groente en vrugte beskikbaar is nie, maar ook ander produkte soos  gedroogde neute, gebak, kruideniersware en ‘n slaghuis met ‘n reuse-verskeidenheid vleis.

Hy vertel dat die winkel opgeknap is en vanaf Maandag om 9:00 oop met baie openingsaanbiedings vir die inwoners van die Rosestad en omliggende gebiede.

“Die winkel gaan mense se verwagtinge oortref; die nuwe bestuur verseker klante dat dit ‘n beter en mooier winkel is, met die beste kwaliteit, ‘n winkel waar inkopiegangers kan koop teen baie redelike pryse.”

Visser sê dat goeie diens vir Food Lovers Market belangrik is en belowe vriendelike ontvangs, kwaliteitprodukte en goeie pryse.

Food Lovers Market sal van Maandae to Vrydae van 9:00 tot 18:00, Saterdae 9:00 tot 17:00 en Sondae 9:00 tot 14:00.

Sazly Hartzenberg

sazly@centralmediagroup.co.za