Fondsinsameling vir skaakkampioenskap

0
137

Hierdie maand hou die Heidedal Chess Foundation (HCF) talle fondsinsamelingsgeleenthede om hul studente te help om volgende jaar die SA skaakkampioenskap in Gauteng by te woon. Volgens Meloney Shariff hou hulle eers ‘n skaaktoernooi.

Mense moet voor of op die 23ste van hierdie maand daarvoor registreer. Die koste vir deelname is R30 per persoon. Sy het verder verduidelik dat alle skole en private skaakklubs ook genooi word om saam met die HCF die toernooi te kom geniet.

Die HFC sal dan ook ‘n braaidag hou, waar almal regoor die stad welkom is. “Dit gaan op 26 Oktober van 08:00 tot 15:00 by Heide Primêre gehou word. Mense word uitgenooi om lekker kos te kom koop.”

Vir meer inligting of om kaartjies vir die braaidag te koop, bel Meloney Shariff by 084 814 5866 en die volgende skakel gebruik om vir die toernooi te register: https://forms.gle/kTkEXNA5QTQoTevC8 .

Sazly Hartzenberg

sazly@centralmediagroup.co.za