Fietsryer oorlede nadat minibus hom tref

0
3281

‘n Ongeluk het vanoggend in Bloemfontein plaasgevind toe ‘n minibus-taxi ‘n fietsryer getref het en sy ontydige dood veroorsaak het.

Dit is volgens VR Medical Emergency Services, berig OFM-nuus.

“Die ongeluk het in Rudolf Greylingweg in Estoire, naby CEM Brick, plaasgevind,” volgens VR Med.

Die reddingspanne het met hul aankoms gevind dat die minibus met ‘n fietsryer gebots het en hom noodlottig beseer het.

Die presiese oorsaak van die ongeluk word deur die Navalsig SAPD ondersoek. Die toneel is nog nie opgeruim nie. Motoriste word gewaarsku om versigtig te wees.

OFM-nuus/ Heidrè Malgas