E Copy

Date:

Fiesta del Vino sal jou sintuie tevrede stel

Die Sentrale Universiteit vir Tegnologie (SUT) hou weer vanjaar sy gewilde kos-en-wynfees, Fiesta del Vino, op die kampus.
Die fees het in 2012 ontstaan, maar kon in 2016 nie plaasvind nie, weens die uitwerking van die #feesmustfall-veldtog op kampusse oor die land heen.
Vanjaar het die SUT se Hotelskool besluit om Fiesta del Vino weer sy regmatige plek op die stad se sosiale kalender te laat inneem, en dit terselfdertyd sommer groter en beter te maak.
Soos met vorige feeste, sal studente van die SUT se Hotelskool die kos voorberei, aan feesgangers voorsit en ook die wynstalletjies beman.
“Dit is baie goeie blootstelling vir studente en ‘n uitstekende geleentheid om hul kennis te verbeed,” meen Jaydee Snyman, operasionele bestuurder by die Hotelskool.
Die fees strek oor drie dae – van 23 tot 25 Augustus. Op 23 en 24 Augustus sal daar verskeie stalletjies met kos en wyn wees waaraan besoekers kan proe. Die koste beloop R200 per persoon, wat ‘n wynglas en 15 koepons insluit. Dié koepons kan gebruik word om kos en wyn by van die tientalle stalletjies te proe.
Wanneer jou koepons opraak en jy nog lus voel om wyn of kos te proe, kan jy ekstra koepons koop. Vir diegene wat daarna nog ‘n leë kol op die maag het, sal daar ook ‘n bistro wees.
Op 25 Augustus, die laaste dag van die Fiesta del Vino, beplan die Hotelskool iets besonders, met die tema “Fusion Fiesta, eat to the beat”. Snyman verduidelik dit so: “Dit gaan ‘n twist hê. Daar gaan bietjie minder wynstalletjies wees en ons wil die gevoel van ‘n Barnyard-teater skep.”
Die bekende plaaslike sanger, Jacobus Silwer, sal sorg vir die vermaak op daardie aand. “Dit gaan heel interessant wees. Wanneer Jacobus ‘n Sesotho liedjie sing, dan word daar ‘n Sesotho-dis bedien, wanneer hy Spaans sing, word daar ‘n Spaanse dis bedien, ensovoorts,” sê Snyman.
Koste beloop R350 vir dié aand, maar dit sluit ‘n wynglas, koepons en al die disse wat bedien gaan word, in.
Die organiseerders beoog om sowat 25 verskillende wynkelders te betrek by vanjaar se Fiesta del Vino, wat in die Hotelskool se Atrium gehou word. “Hierdie byeenkoms is beslis een van die vlagskipprojekte op die kampus,” meen Snyman.
Kaartjies sal van 26 Julie af te koop wees, maar Snyman sê mense moet gou spring, aangesien die kaartjies gewoonlik vining uitverkoop.
Vir meer inligting kontak Snyman by 051-507-4034 of msnyman@cut.ac.za. – JERETHA OOSTHUIZEN
jeretha@mahareng.co.za

 

Share post:

Popular

More like this
Related

Free State Government launches campaign to combat child and teenage pregnancy

The Free State Provincial Government is taking decisive action...

Free State exceeds housing targets despite challenges

The Human Settlements Minister, Thembi Simelane, has committed to...

R6 million allocated for Bloemfontein Zoo revamp

Mangaung Metro targets full reopening by 2028, plans major...

Universitas Hospital unveils first of its kind surgical robotics system

Universitas Academic Hospital has made history with the official...