Die Bloemfonteinse sanger, Jacobus Silwer, sal gaste op 25 Augustus by die Sentrale Universiteit vir Tegnolgie (SUT) se Fiesta del Vino-kos-en-wys-fees vermaak.
Vanjaar tree Silwer en sy orkes vir die eerste keer op by die fees, wat deur die SUT Hotelskool aanbied word. “Ons is baie opgewonde daaroor,” sĂȘ Silwer.
Hy en sy mede-orkeslede, wat bestaan uit sy vrou, Lizzie op trekklavier, en sy broer, JC op baskitaar, gaan sorg vir ‘n lekker gesellige atmosfeer by die fees.
“Ons gaan ook ‘n paar ekstra instrumente deel van die aand maak,” verklap Silwer.
Wanneer die disse en drankies van verskillende kulture voorgesit word, sal hy met woorde en musiek seker maak dat die gehoor se ervaring outentiek is! Byvoorbeeld: wanneer ‘n Spaanse dis bedien word, sal hy in Spaans sing om die gehoor “die volle ondervinding” te gee.
Silwer sien die meeste uit na die atmosfeer. “Ek kan nie wag om die atmosfeer te voel en die eindresultaat van hierdie samevoeging te beleef nie! Die hotelskool is uiters goed met wat hy doen en gaan met ongelooflike disse vorendag kom. Hierdie kan net ‘n wonderlike ervaring en ‘n
reuse-sukses wees,” sĂȘ Silwer.
Die Fiesta del Vino vind van 23 tot 25 Augustus in die hotelskool se atrium plaas. Vir meer inligting, bel Jaydee Snyman by 051-507-4034 of stuur ‘n e-pos na msnyman@cut.ac.za. -JERETHA OOSTHUIZEN
jeretha@mahareng.co.zaÂ