Die Blitsbokke het in die eindstryd van die Tokio-sewestoernooi in Japan in die eindstryd teen Fidji te staan gekom. Dit is die vyfde keer die seisoen dat die Blitsbokke dit vermag.
Ongelukkig het die Fidjiane in die laaste sekondes die knoop deurgehak met ‘n drie deur Waisea Nacuqu. Dit het die Fidjiane ‘n sege van 33-26 besorg.
Vir die Blitsbokke beteken die vertoning baie, want hulle beklee nou weer die eerste plek op die wêreldranglys met nog net drie toernooi oor. Hulle is twee punte voor die huidige wêreldkampioen, Nieu-Seeland, wat in die halfeindronde in Tokio teen Fidji vasgeval het en daarna in die uitspeelstryd om die derde plek 12-21 teen Engeland verloor het om vierde te eindig.
Die Blitsbokke het in sy opmars na die eindstryd met Kenia 26-17, Japan 33-5 en Argentinië 28 12 te klop. In die kwarteindronde het die Suid-Afrikaners 17-12 met Amerika afgereken en in die halfeindstryd die Rose van Engeland 17-0 geklop
Teenoor hulle het Fidji Frankryk en Samoa onderskeidelik 22-19 en Samoa 33-7 geklop, maar toe gelykop 19-19 teen Amerika te speel. In die kwarteindronde het Fidji 43-17 met Kenia afgereken en daarna die gedugte All Blacks van Nieu-Seeland 17-12 geklop om na die eindstryd deur te dring.