Fichardtpark Laerskool se pluimbalspelers het vroeër vandeesmaand verskeie medaljes op die Suid-Afrikaanse Pluimbalkampioenskappe vir laerskole in Benoni verower. Fichies het vanjaar vier spanne (seuns en meisies) op die nasionale toernooi in aksie gehad. In die eindstryd van die seunskompetisie het Fichies met die louere weggestap deur Eikestad van Stellenbosch oortuigend 4-1 te klop. Fichies se meisiespan het tweede in hul afdeling geëindig. Die kampioen-seunspan is van links: Stefan Coetzee, Anrico Friedrichs, Daniel Coetzee (kaptein) en Daniel Steyn.