Fichardtparker korrel sekuur en raak

0
303

Vrystaters het tot dusver vanjaar baie goed in provinsiale, nasionale en internasionale luggeweerskiet gevaar. Christo Coetzee van Hoërskool Fichardtpark in Bloemfontein is ná die Suid-Afrikaanse kampioenskappe in Kaapstad as die kampioenskut aangewys. Hy is dus tans Suid-Afrika se nommer eenskoleskut met ’n luggeweer. Verskeie ander skuts van Fichardtpark was ook in aksie.