E Copy

Date:

Fichardtpark-tak spoor Alzheimer-lyer op

Die AfriForum-tak in Fichardtpark het die afgelope naweek ’n bejaarde met Alzheimer se siekte ongedeerd opgespoor ná sy as vermis aangemeld is.

Die tak het boodskappe oor dié voorval op hul WhatsApp-groep ontvang en dadelik deur middel van die tak se radionetwerk reaksiespanne van die Fichardtpark, Pellissier en Hospitaalpark-takke ontbied om te help soek.

Volgens Joseph Renaud, veiligheidsvoorsitter van die AfriForum-tak in Fichardtpark, is die vrou binne 80 minute nadat die eerste WhatsApp-boodskap ontvang is, in Curielaan naby die Mugg & Bean-restaurant gevind.

“Dit is weereens ’n bewys van hoe effektief ’n goeie radionetwerk en goeie samewerking is,” sê Pieter Myburg, AfriForum se distrikskoördineerder in Bloemfontein.

Verklaring verskaf

Share post:

Popular

More like this
Related

R6 million allocated for Bloemfontein Zoo revamp

Mangaung Metro targets full reopening by 2028, plans major...

Universitas Hospital unveils first of its kind surgical robotics system

Universitas Academic Hospital has made history with the official...

Free State Mortuary backlog: 42 autopsies still pending amid urgent efforts

The Free State Department of Health has confirmed that...

Bloem schools bold about bullying

Bullying is more than just verbal or physical abuse...