Fichardtpark en Hospitaalpark kry skoner omgewing

0
327

Die Fichardtpark-woonbuurtassosiasie (FWA) gaan op 22 Junie vanaf 08:00 tot 16:00 ‘n skoonmaak-projek in Fichardtpark en Hospitaalpark van stapel stuur.

Die FWA beoog om Pasteurrylaan, Van Rippen- en Du Plooysingel skoon te maak.

Volgens FWA se Jacques Meiring is die rede vir hierdie inisiatief om ‘n skoner omgewing vir almal te skep. “Ons wil dít wat ons in Fichardtpark regkry, uitbrei na die groter gemeenskap. En ook om te wys dat mense kan saamwerk om dié doel te bereik.”

Meiring vertel ook dat ‘n skoon omgewing ‘n positiewe invloed op veiligheid in die woonbuurte het.

“Sluit aan by die woonbuurte se verskillende assosiasies. Dit is hoe inwoners ‘n positiewe bydrae kan lewer tot hul onmiddellike omgewing,” sê hy.

Kontak FWA by 073 945 4987 of fwafna@gmail.com vir meer inligting.

Justine Fortuin

justine@mahareng.co.za