Feeslik lekker!

0
1749

Soos elke jaar hierdie tyd is Bloemfontein vandeesweek in ‘n greep van feeslike lekkerte vasgevang. Hoewel die Vrystaat Kunstefees, wat Maandag begin het en Sondag eindig, tradisioneel ook die begin van die Rosestad se winter aankondig, het Bloemfonteiners hulle nie laat onderkry nie, en feesdriftig aan al die aktiwiteite op die kampus van die Vrystaatse Universiteit deelgeneem. Bloemfontein Courant se fotograaf, PIERCE VAN HEERDEN, het die aksie op kamera vasgevang.

Zane Muller, Ismail Athman, Ally Diwa, Thuylene Titus en Wendy Moloi het ‘n karnaval-atmosfeer geskep met hul akrobatiese toertjies.
Bastian van Blerk het gewys hy is g’n katjie om sonder handskoene aan te pak nie.
Kelebogile Moshodi, Gloria Togo en Nontsikelelo Jamjam het nie op hulle laat wag nie en die stalletjies binnegevaar.
Thuylene Titus sê die fees se liggie skyn so helder, sy moes net ‘n donkerbil dra.

 

info@bloemfonteincourant.co.za