Christal-Lize Muller
Die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) sal vandag na verwagting ‘n dringende hofaansoek by die Vrystaatse hooggeregshof in Bloemfontein indien namens die twee skoolhoofde wat deur die Vrystaatse onderwysdepartement geskors is weens bewerings van rassisme.
Fedsas se uitvoerende hoof, Paul Colditz, sê die interdik is tweeledig om eerstens die onderwysdepartement te verbied om in te meng met die werksaamhede van die beheerliggame van die Gekombineerde skool Dr. Viljoen in Bloemfontein en en die Gekombineerde skool Christiaan de Wet in Dewetsdorp.
Die interdik is ook om die skorsing van Francois Schoon, skoolhoof van Dr. Viljoen en Charles Liversage, skoolhoof van Christiaan de Wet, tersyde te laat stel.