
Die Food and Beverage Institute (FBI) bied sedert 2006 die Sjef van die Jaar[1]kompetisie aan vir graad 12-leerders van skole in die Vrystaat en Noord-Kaap.
Vir die afgelope 14 jaar was die kompetisie elke jaar ‘n baie groot sukses – uitsluitend 2020 weens die Covid-pandemie. Vanjaar se provinsiale finaliste is uit ‘n groot groep inskrywings gekies met die finale aand wat op 30 Julie by die FBI plaasgevind het.
Al die finaliste het uitstekend gevaar, maar slegs een person uit elke provinsie kon as die wenner wegstap. Kayla Collins van die Hoërskool Adamantia het as die Noord-Kaapse wenner weggestap en Jarike Janse van Vuuren van die Hoërskool Fichardtpark was die Vrystaatse wenner. Wat nogal interessant is, is dat die Hoërskool Fichardtpark al die afgelope 14 jaar aan die kompetisie deelneem en 4 uit die 14 wenners opgelewer het.
Die kompetisie bied leerlinge die geleentheid om meer te leer oor die kulinêre kuns, sowel as die kans om moontlik ná skool verder in dié gesogte rigting te studeer.
“Meeste van die vorige jare se wenners het die geleentheid aangegryp om hul kulinêre loopbane te begin en is vandag in gesogte restaurante regoor die wêreld te sien,” het Lesley Jacobs, programdirekteur van FBI, gesê
Jeretha Oosthuizen
jeretha@mahareng.co.za