Esterhuizen-egpaar se pragtige dag gevier

0
3818
Johann en Michelle Esterhuizen op hul spesiale dag.

Danksy die hulp van vriende en Mev. Bloemfontein-finaliste kon die Esterhuizen-egpaar, Johann en Michelle, Saterdag trou. “Dit was een amazing dag. Die Liewe Here het vir ons ‘n lieflike sonskyndag gegee,” vertel Michelle.
‘n Vrolike atmosfeer het op die hoewe in Ferreira geheers waar trougangers in die paartjie se vreugde gedeel het. Die wit trou-hartjies wat aan bome gehang het, het die oomblik ekstra spesiaal gemaak.
Vir die nuutgetroudes het die teenwoordigheid van almal wat hulle na aan die hart lê, baie beteken. Dit was ‘n klein troue en net gaste wat hulle goed ken en liefhet, was daar. Michelle het gesê dit was ‘n troue sonder drama, glad nie langdradig nie, en “wel ook met baie emosie en ‘n paar trane, wat meer trane van dankbaarheid en blydskap was”.
Die wittebrood is vir eers op die langebaan geskuif omdat die troue so vinnig beplan is. Die paartjie sien uit na ‘n mooi toekoms wanneer dinge net beter kan gaan. Johannes vorder mooi met die nuwe prostese en sodra hy onafhanklik en gemaklik kan loop, sal hy beslis weer begin aansoek doen vir werk, en “dan sal ons soos ‘n normale gesinnetjie bestaan”.
“Dit is die beste liefdesverhaal in “my boekie”. Met God aan ons kant en vriende soos dié wat ons het, kan ons enige hindernis saam oorwin!” het Michelle gesê. – Jeretha Oosthuizen
jeretha@mahareng.co.za