Eskom vra om verskoning aan Suid-Afrikaners

0
759

Die kragvoorsiener, Eskom, vra om verskoning aan Suid-Afrikaners vir die ongerief wat deur kragonderbrekings die afgelope paar weke veroorsaak is.

Uitvoerende hoof, Tshediso Matona, het vanmiddag op ‘n mediakonferensie in Johannesburg gesê Eskom is onder geweldig baie druk. Beurtkrag is gevolglik ingestel weens lae reserwes en die voorsiener se onvermoë om aan die vraag na elektrisiteit te voldoen.

Hy sê kragstasies het nie genoeg dieselvooraad nie hoofsaaklik weens swak finansiële beplanning.

Volgens hom speel die kragstasies se ouderdom ook ‘n rol. Hy sê beurtkrag sal na verwagting nie in Januarie volgende jaar ingestel word nie. Die situasie kan egter in Februarie en Maart verander.