E Copy

Date:

Entrepreneurs maak reg vir Sannies-entrepreneursdag

Die Hoërskool Sand du Plessis hou vanjaar vir die vyftiende jaar sy gewilde entrepreneursdag vir toekomstige innoverende jong entrepreneurs. Die dag vind op 4 Maart 2016 by die skool plaas.
Volgens skoolhoof Willem du Buisson sien die skool weer eens uit na nuwe en kreatiewe idees van leerders. “Dit is ons plig om ons jeug voor te berei vir die kompeterende arbeidsmark. Entrepreneurskap en vaardighede is van kardinale belang om hulle ‘n staanplek te gee in die ekonomiese toestand waarin ons land hom bevind.”
Die tema vir die dag is ‘Dink Groot…Gaan vir Goud’ en het ook ten doel om leerders aan te moedig om na aktualiteitsake te kyk en omliggende toestande in ag te neem.
‘n Span onafhanklike en kundige beoordelaars wat uit sakelui bestaan, sal op ‘n deursigtige wyse en volgens voorafbepaalde kriteria leerders se aanbiedinge evalueer, beoordeel en wenners aanwys. Deelnemers sal ook met raad bygestaan word.
Die sukses van hierdie projek berus op die ondersteuning en entoesiasme van die omliggende gemeenskap, besighede wat lojaal borg, onderwysers wat leerders motiveer en aanmoedig om deel te neem en, bowenal, leerders wat hul talente ten toon stel.
Die projek het geen winsoogmerk nie – behalwe vir leerders wat hul entrepreneursvaardighede en kreatiwiteit aanbied en die wins mag hou. Toegang vir nie-uitstallers, besoekers en die publiek is gratis.
Alle belangstellendes word hartlik uitgenooi om die dag se verskeidenheid vermaak wat aangebied word, te kom geniet. Heerlike verversings en lekkernye word in die skool se teetuin te koop aangebied en gaste en besoekers kan hier kuier nadat die kreatiewe uitstallings besigtig is.
Die sluitingsdatum vir inskrywing is
1 Maart 2016 om 12:00.
Verrigtinge begin om 08:00 en die uitstallings sluit om 12:00. Die prysuit-deling volg kort ná die sluiting van die uitstalruimtes.
Vir enige navrae kan die Hoërskool Sand du Plessis by 051-522-4071 of Sanmarie Maritz by 084-512-4034 geskakel word, of stuur ‘n e-pos na kobie@sannies.co.za.

Share post:

Popular

More like this
Related

Pencil in – 10 July/10 Julie 2025

11 July: Wine lovers can join the Jordan Wine...

Bloemfontein Schools Update / Skolenuus – 10 July/10 Julie 2025

Martie du Plessisskool: Rugby Jandré Opperman, van Martie du Plessisskool,...

‘Rainbow Business’ makes financial literacy fun for kids

Nontsikelelo Phume, a six-year-old Grade 1 learner at St....

‘Text Me When You Arrive’ to tackle GBV through theatre and satire

A daring, satirical theatre production with the aim to...