Engo se Lentedou kry nuwe baadjie

0
Engo se Lentedou kry nuwe baadjie

Maricelle Botha
Credo, die gemeenskapsbeen van African Mining & Crushers, het Vrydag talle meisies van Engo Vrystaat Jeugsorgsentrums se Lentedou-huis verbly toe hulle binne twee weke ‘n splinternuwe baadjie vir dié huis aangetrek het. Credo het hom onlangs daartoe verbind om al 17 huise by Engo se Ons Kinders te restoureerom sodoende die jong inwoners meer tuis te te laat voel en ‘n ware huislike atmosfeer te skep.
Volgens projek-koördineerder Welmari van Rooyen was hierdie spesifieke huis aanvanklik ‘n seunshuis en was daar werklik ‘n behoefte om dit vir meisies in te rig en te versier.
Ná ‘n klein bekendstelling is die huis se deure amptelik vir die inwoners geopen en kon hulle dit vir die eerste keer sien. Gillend van opgewondenheid is deur gange gehardloop van kamer tot kamer. Op elke bed was daar ook ‘n bederfpakkie wat onder meer nagklere en toiletware ingesluit het.
Van Rooyen vertel dat die projek met tye bloedsweet gekos het, maar hulle wou dit graag binne twee weke doen.
Huismoeder Louise Saila het aan Courant gesê dat die veranderinge vir die kinders besonder baie beteken en dit belangrik vir hulle is dat Lentedou soos hulle huis voel.
Hierdie projek sou nie moontllik gewees het sonder die hulp van verskeie rolspelers soos Vrystaat Rugby en Harley Davidson nie.
maricelle@centralmediagroup.co.za

No posts to display