Engo ontvang ruim skenking en skep hoop

0
840
Van Links na regs – Wynand Swanepoel, Vlootbestuurder - Human Auto Bloemfontein, Marika Strydom, Eienaar - Human Auto Bloemfontein, Lizelle Nel, Bestuurder - Reddersburg Bejaardesorgsentrum, Rika Wolmarans, Direkteur - Engo Bejaardesorg, De Wet Claassens, Hoof Uitvoerende Direkteur - Engo Vrystaat, Des Williams: Handelaarshoof – Human Auto Bloemfontein. FOTO: Verskaf

Engo het hierdie week die opening van ‘n splinternuwe Assesseringskamer by Engo Gesinsorg in Bloemfontein gevier. Daar is ook 14 rolstoele aan Engo Bejaardesorg in die Vrystaat oorhandig.

Die ruim skenking van R70 981,44 is van Human Auto Bloemfontein, deur die Global Giving program ontvang.  ‘n Assesseringskamer vir kinders en 14 rolstoele vir Bejaardes het nou ‘n werklikheid geword vir Engo.

“Die assesseringskamer maak dit nou moontlik vir ons maatskaplike werkers om kinders wat trauma beleef of uit moeilike omstandighede kom,  in ‘n baie kindervriendelike omgewing te assesseer, deur middel van speletjies.  Sodoende kan die beste moontlike terapie en leiding aan hulle en hulle ouers gebied word,” sê Madelein Nortje, Direkteur van Engo Gesinsorg in die Vrystaat.

Die 14 rolstoele is versprei na Bejaardesorgsentrums met die grootste nood.  “HIerdie skenking help ons personeel om die ouer mensies net met meer gemak te hanteer en gee ook aan hulle  weer hoop en selfvertroue,” sê Rika Wolmarans, Direkteur van Engo Bejaardesorg in die Vrystaat.

Indien jy meer wil weet oor Engo of betrokke wil raak, skakel 060 548 5543 of stuur ‘n epos na info@engo.co.za

Saamgestel deur Justine Fortuin