Engo en Help U maak weer kinders se wense waar

0
378

Die Help U Foundation bied op Vrydag 22 November 2019 sy jaarlikse Kerspartytjie vir Engokinderhuis aan met die doel om die kinders se wense waar te maak en bietjie geluk en vreugde in hul harte te bring.

Die tema hierdie jaar is “Superheroes”. “Ons wil baie graag hê die kinders moet die dag geniet en die gevoel van Kersfees ervaar,” se Mollie Groenewald van Help U Foundation.

Die Kerspartytjie sal by Gwembali plaasvind en kinders van twee van Engo se huise wat onder die Help U Foundation val, gaan by die partytjie wees. Die kinders maak hulle eie wenslysies vir Kersfees en ons probeer om dan hul wense waar te maak,” vertel Groenewald.

“Ons help hulle ook met hul basiese benodigdhede en maak hul verjaardae baie spesiaal wanneer ons vir elkeen ’n verjaardagpartytjie hou. Hulle kan dan kies wat en waar hulle wil verjaardag vier,” voeg sy by.

Die personeel van die Help U Foundation woon elke jaar al die kinders se verjaardae asook die Kerspartytjie by omdat hulle graag self met die kinders tyd deurbring.

Die Help U Foundation aanvaar steeds borge en donasies vir die kinderhuis en kan geskakel word by 079-901-1458.

Heidre Malgas

heidre@mahareng.co.za