eModels vier hul jaarlikse modefees

0
588
Op eModels se Unity-modeskou was van links Annemie Booysen, Jeanré du Preez, direkteur eModels, Nelmarie van Zyl van Smart School, Johanet van Zyl, en Melane Hamman. FOTO'S: GERHARD VAN RENSBURG

eModels se Unity-modeskou, wat Saterdag by die Windmill Casino in Bloemfontein gehou is, was een groot fees.

Nie net was daar 55 van eModels se modelle op die loopplank nie, maar die 40 finaliste van die Mej. Bloemskou-kompetisie het die geleentheid as BBP-gaste bygewoon.

Model Shanen Emam

Volgens Jeanré du Preez, direkteur van eModels, was die hoogtepunt van die aand die teenwoordigheid van die bekende talentsoeker Roxy van 3D Models in Johannesburg, wat vier plaaslike modelle raakgesien het. Hulle gaan nou die geleentheid kry om hul loopbane na die volgende vlak te neem.

“Ons is opgewonde saam met die vier modelle. Wat baie mense nie weet nie, is dat eModels ‘n voorstander is van inklusiwiteit. Ons akkommodeer enige individu wat graag deel van die bedryf wil wees. Ons werk ook hard daaraan om geleenthede buite die bedryf vir ons modelle te skep, soos om studiebeurse beskikbaar te stel.

Elre Schonken

“Ons ontwikkel ons jong mense nie net om ‘n impak op die loopplank te maak nie, maar ook om vaardighede te ontwikkel wat hulle buite die modewêreld sal bevoordeel. Ons bied tans gratis werksessies vir voornemende modelle aan, waarvan die volgende een op Sondag 8 Maart om 09:00 by die Windmill Casino gehou gaan word,” sê Du Preez.

Enige iemand wat graag wil deel wees van die werksessie, moet vooraf op die webstuiste www.emodelssa.com registreer.

Pieter Delport
pieterd@mahareng.co.za