Elke troeteldierliefhebber se droomwêreld

0
305

Spitskop Aquariam and Pets, een van die grootste troeteldierwinkels in die Vrystaat, is reeds 22 jaar in besigheid.

Dié bekende winkel se groot verskeidenheid visse, voëls, konyne, honde, katte, mak voëls, slange, spinnekoppe en nog baie meer, is ‘n aanloklikheid vir groot en klein, nie alleen vir alles wat daar te koop aangebied word nie, maar ook vir die plesier wat dit menige besoeker, oud en jonk, bied.

Wat Spitskop Aquarium and Pets laat uitstaan bo die res, is dat troeteldierliefhebbers sekere produkte vir hul troeteldiere slegs hier vind en dat klante te alle tye eksklusiewe en vriendelike diens ontvang.

Die onderneming is ongeveer vier en ‘n half jaar gelede deur Elwin en Gail Strachan oorgeneem, wat die winkel sowel as die geboue se kapasiteit uitgebrei het om al die diere wat hulle moontlik kan akkommodeer, te huisves.

Elwin Strachan sê dat hulle ‘n program van sewe dae volg waarvolgens hulle na hul diere omsien. Wat dit verder besonder maak, is die gebruik van sekere produkte om hul diere te help met spanning en om te sien na hul gesondheid en algemene welstand.

Hulle spog ook met ‘n reptielwinkel wat afgesonder is van die normale area waar troeteldiere aangehou word. Sodoende kan die reptiele die spesiale aandag, dieetvereistes en spesifieke sorg wat hulle benodig, geniet.

Spitskop Aquarium and Pets is u beste opsie, ‘n eenstopwinkel vir al u troeteldiere se behoeftes, en dit alles onder een dak.

Ook beskikbaar by Spitskop Akwarium en Troeteldiere, is ‘n batterypomp vir vistenks wanneer kragonderbrekings voorkom, Virukill-ontsmettingsmiddel om voëlhokke en -bakke te ontsmet en ‘n verskeidenheid voëlspeelgoed. Daar is ook reptielsubstrate, ornamente en voorrade beskikbaar.

Heidre Malgas

heidre@mahareng.co.za