Ek kyk na die sterre!

0
1116

Die winter is seker een van die mooiste tye in die binneland van Suid-Afrika. Jy wonder dalk hoekom ek so dink, veral as die nagte so koud is.
Die rede lê in die skoon hemelruim met geen wolke. Jy kan elke ster sien skitter in die koue nagte van die Vrystaat. Dit hou ‘n betowering in wat ongekend is. Jy raak bewus van die grootheid van die skepping en jou eie broosheid voor die Almagtige God
Ons is maar net ‘n spikkeltjie, ‘n damp wat maklik verdwyn, lees ek in Prediker. Tog is die teendeel ook waar, ek en jy is ook ‘n ster wat helder skyn – gemaak en gevorm deur die Almagtige God en Vader.
Die Bybel beskryf dit as ‘n “klein bietjie minder as ‘n hemelse wese”. Skielik gryp die sterre-hemel my weer aan en ek kyk en sien iets groters as myself. Ek sien ook myself en dan besef ek dat die ek en jy spesiaal geskep is om iets te deel van die Here se grootheid in die wêreld! Dit is die uitdaging van om na die sterre te kyk en God raak te sien!

DS STEPHAN VAN HEERDEN