E Copy

Date:

Eiendomsagent span TV-program in vir kliëntediens

Die bekende plaaslike eiendomsagent, Annette Kasselman, het vroeër vanjaar haar debuut op DStv se kanaal 176, The Home Channel, gemaak toe sy as agent vir huiskopers in die progam, Guiding You Home, opgetree het.
Die program lei kykers deur die hele proses van huiskoop. Die kliënte is werklike kliënte wat werklik belangstel om ‘n huis in Bloemfontein te koop. Daar word drie huise aan die voornemende kopers gewys.
Vandeesweek het Kasselman weer aan ‘n opname vir ‘n volgende reeks van hierdie program deelgeneem.
Courant het by City Living Boutique Hotel gaan inloer waar Kasselman en die Guiding You Home-span, vir Dayne en Samantha Hattingh van Bloemfontein ontmoet het om te hoor presies wat hul behoeftes vir ‘n huis is.
Kasselman vertel Guiding You Home het besluit om die beste agente of episodes van die afgelope seisoene te neem en hulle weer ‘n kans te gee om hul areas te bemark en hul spesifieke kliënte aan die hand te lei deur die hele proses. “Ek is so bly ons kry weer ‘n bietjie die kans om Bloemfontein landwyd, en moontlik ook internasionaal, te bemark. Ek sien ook vreeslik baie uit daarna om Bloemfontein se besienswaardighede aan die span bekend te stel, waarná ons Bloemfontein gaan rooi verf en alles rondom Bloem op film gaan vaslê.”
Episode 8 (waarin Kasselman sal verskyn) word vanaf 10 Oktober uitgesaai met herhalings op 19, 20 en 21 Oktober 2016. – Maricelle Botha
maricelle@centralmediagroup.co.za

Share post:

Popular

More like this
Related

Southern Landfill Site in Bloemfontein linked to rising crime – Authorities respond

A recent raid at the Southern Landfill Site in...

US University visits UFS to strengthen sustainability collaboration

A symposium between the University of the Free State...

Rope Skipping Champion from Thaba Nchu Inspires Future Athletes

Lebogang Mosholi is a rope skipping athlete from Thaba...

Johan Pretorius goes from dance floors to decades behind the lens

As the country acknowledges Human Rights Day this month,...