Bloemfontein Striders se eerste wedlope van die seisoen, Bloempark Gereformeerde Kerk se Sweet en Eet-wedloop, vind Saterdag van 07:30 af in Fichardtpark plaas.
Dit is die vierde agtereenvolgende jaar dat die wedlope oor 10 km om 07:30, 5 km om 07:40 en ’n kleuter-wedloop om 08:45 sal plaasvind. Dit kos onderleidelik R45, R25 en R15 vir die drie wedlope. ’n Tydelike lisenienommer is slegs nodig vir die 10 km-wedloop indien ’n deelnemer nie oor ’n permanentnommer beskik nie. Die lisensie kos ’n bykomende R10.
’n Kermis van die kerk vorm deel van die wedloop-byeenkoms. Atlete spring by die Bloempark Kerk agter die Pick-n-Pay Southern Shopping Centre in Charlie Suttonstraat weg.
Verlede jaar was meer as 404 deelnemers in aksie en vanjaar word 550 deelnemers verwag.
Inskywings kan vooraf Vrydag van 16:30 tot 18:30 by die kerk gedoen word. Daar kan ook voor die wedlope om 06:00 ingeskryf word.
Vir meer inligting kan Leana by 082-573-7222 of Jaco by 082-416-6779 gebel word.
Date: