E Copy

Date:

Eerste groot gholfsege vir Pretorianer

GEORG VAN ECK

George Coetzee van Suid-Afrika het Sondag nie net die sesde Suid-Afrikaanse gholfspeler geword om die Jo’burg Ope sedert 2006 te wen nie, maar hy het daarmee ook sy groot deurbraak gemaak met sy eerste sege in die Europese Reeks.

Die 27-jarige Pretorianer het sy naaste drie teenstanders met drie houe geklop met sy foutlose laaste rondte van 66 houe, wat ses voëltjies ingesluit het. Sy totaal van 19 houe minder as baansyfer is drie houe beter as die van sy landgenoot Justin Walters, Jin Jeong van Korea en Tyrrell Hatton van Engeland.

Drie van die spelers, Coetzee, Walters en Jeong het met die vertoning ook vir die Britse Ope gekwalifiseer.

Dit is egter Coetzee, wat voor die toernooi 74ste op die wêreldranglys was, wat met die wenprysgeld van R3 miljoen wegstap.
Dit was so hittete of Walters het oor die laaste paar putjies vir Coetzee ingehaal, want op die bof van die 17 putjie was hy net twee houe agter Coetzee. Hy kon egter die druk volhou nie en het die 18de putjie, waar hy vroeër ’n arend aangeteken het, een oor syfer voltooi om terug te sak.

Die verdedigende kampioen Richard Sterne het nie die valbyl na twee rondtes oorleef nie, terwyl nog ’n voormalige toernooikampioen en een van die vroeë plaaslike gunstelinge, Charl Schwartzel, nie heeltemal aan die verwagtinge voldoen nie.

Schwartzel, wat eersdaags na Amerika vertrek, word ook vir die eerste keer in April pa van ‘n dogtertjie.

Die Afrika Ope word vandeesweek in Oos-Londen beslis en Darren Fichardt sal sy titel verdedig. Ander bekende Suid-Afrikaners wat in aksie sal wees, is Thomas Aiken, Jaco van Zyl, Jbé Kruger en Dawie van der Walt.

Omdat die Afrika Ope ook deel van die Europese Reeks is, sal die Fransmanne, Gregory Bourdy en Thomas Levet, asook die Engelse spelers, Robert Rock, Simon Dyson en Matthew Dyson, ook in die Oos-Kaap speel.

Share post:

Popular

More like this
Related

Blind DJ calls for equality in the entertainment industry

A local blind disc jockey from Thaba Nchu calls...

Pencil in – 15 May/15 Mei 2025

15 May: Food & Wine Pairing: Experience an unforgettable...

Koekela hosts charity baby shower to support Childline Free State

Childline Free State was the beneficiary of a charity...

NAMPO 2025: Pure plaaspret in Bothaville

Die 2025 NAMPO Oesdag gaan hierdie week volstoom voort...