Eerste bos blomme by standbeeld

0
761

Duane Petrus – ‘n Bloemfonteinse man het vanoggend net na sewe uur die eerste bos blomme voor die oorlede oud-president Nelson Mandela se standbeeld op Naval Hill neergelê. Francois Calldo sê hy het vanoggend 5uur van Madiba se oorlye gehoor en het onmiddellik besluit om die ruiker te koop. President Jacob Zuma het laat gisteraand die nuus bekendgemaak dat Mandela omstreeks 20:50 in sy familie se teenwoordigheid beswyk het. Nuus hieroor het dadelik landwyd asook internasionaal versprei en sosiale netwerke is toegegooi met boodskappe van simpatie. Calldo sê Mandela se dood was ‘n groot skok, maar hy is bly dat hy in vrede gegaan het.