E Copy

Date:

Eenheid in De Wee-familie kry aandag

Die bekende en invloedryke De Wee-familie van Heidedal het pas begin met ‘n veldtog om eenheid in die familie te herstel.
As wegspring het al die neefs en niggies onlangs ‘n byeenkoms by die huis van Hendrik de Wee in Bloemside gehou.
De Wee, wie se inisiatief die veldtog is, sê eenheid in die De Wee-familie lê hom na aan die hart, maar so ook die uitdagings wat die groter gemeenskap in die gesig staar.
“Ons as familie kan onsself nie juis isoleer van die uitdagings wat ons gemeenskap in die gesig staar nie. Soos die woorde van ou liedjie sê: ‘n Gesonde gesin skep ‘n gesonde familie, en ‘n gesonde familie skep ‘n gesonde gemeenskap,” sê De Wee.
Die byeenkoms by De Wee se huis is deur omtrent 25 familielede bygewoon, maar ‘n groter reünie word vir later vanjaar in die vooruitsig gestel.
“Voor ons aan die reünie begin beplan, will ek eers almal in die familie bereik en hulle oor die groter plan inlig. Familielede wat meer inligting oor die veldtog asook die beplande reünie wil hê, kan my gerus by 083-440-8524 skakel,” sê De Wee. – Pieter Delport 
info@bloemfonteincourant.co.za

Share post:

Popular

More like this
Related

Graduation season at CUT begins

The Central University of Technology in the Free State...

Shanela operations : SAPS arrest almost 13 000 nationwide

Through the high-density operations, known as Operation Shanela, the...

Higher Education Committee in FS for oversight visit

The Portfolio Committee on Higher Education started with their...

Police to investigate fatal shack fire in Bloemspruit

Residents of Phase 7 in Bloemspruit awoke to tragedy...