E Copy

Date:

Een vas na aanval op Bloemfonteinse drawwer

‘n Verdagte is vanoggend in hegtenis geneem kort na hy na bewering ‘n vrou aangerand en wou beroof het, terwyl sy in Westdene, Bloemfontein by die Musicon-musiekskool gedraf het. Polisiewoordvoerder, Chaka Marope, sê ‘n 33-jarige man verskyn binnekort in die plaaslike landdroshof op ‘n aanklag van poging tot roof en aanranding. Hy sê die vrou het omstreeks 05:00 gedraf toe die verdagte haar genader het. Hy het aangedring op haar selfoon waarna hy haar rondgeruk en met die vuis geslaan het.

‘n Plaaslike fotograaf, Francois van Vuuren, het vroeër aan Courant vertel hy het in sy motor gery toe hy sien hoe die vrou in die straat aangerand word. Volgens Van Vuuren het die booswig weggehardloop toe hy hom gewaar. Van Vuuren sê die vrou het erge beserings aan die gesig. Sy was egter by haar bewussyn. Hy het die booswig, wat toe oor ‘n heining by ‘n nabygeleë meenthuiskompleks gespring het, agterna gesi. Hy is later deur die polisie in hegtenis geneem.- Christal-Lize Muller

Share post:

Popular

More like this
Related

Mangaung Municipality cracks down on crime at Northern Landfill Site

A large-scale operation was recently conducted at the Northern...

Free State roads quieter this Easter; speeding still remains a concern

Road accidents across Bloemfontein and surrounding areas saw a...

Mangaung Metro acts on community needs in updated service delivery plan

The Mangaung Metro Municipality (MMM) outlined its strategic roadmap...